SA-ekonome voorspel werkloosheid sal toeneem

Die werkloosheidskoers in Suid-Afrika sal na verwagting in die tweede kwartaal hoër wees. Ekonome voorspel dat die koers tussen April en Junie vanaf 34,5 persent tot ongeveer 35,4 persent sou gestyg het. Statistiek Suid-Afrika stel vandag die kwartaallikse arbeidsmag-opname bekend. Volgens Miyelani Maluleke van Absa hou die bespiegelings oor ‘n toename verband met beurtkrag en die vloede in KwaZulu-Natal: