Kenia se Hooggeregshof het 14 dae om te besluit oor Odinga

Die Hooggeregshof in Kenia is tans in die kollig oor die verkiesingstryd. Dit volg nadat die verslane presidentskandidaat, Raila Odinga, ‘n Hooggeregshof-uitdaging ingedien het oor verlede week se uitslae wat William Ruto as die president bevestig het. Odinga het intussen die uitslag van die verkiesing en die Onafhanklike Verkiesings- en Grensekommissie se hantering daarvan as ‘n klug beskryf. Odinga sê die hof moet die uitslag nietig verklaar. Die hof het 14 dae om hieroor te beslis.