SA, eers fase drie dan fase twee – hopenlik vir die res van die week

Eskom stel fase drie-beurtkrag in tot vyfuur môreoggend waarna dit tot verdere kennisgewing tot fase twee afgeskaal word. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê beurtkrag word ingestel weens die groot aantal kragstasies wat onklaar geraak het en die noodsaaklikheid om die res van die noodenergie-reserwes te bewaar. Hy voeg by hulle skep ook ruimte om die damvlakke by pompopgaarskemas aan te vul: