Dit sukkel met vrylating wanneer ‘n ietermagô gesmokkel is

Die navorser van die Ietermagôbewaring en -Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het in ‘n Namibiese omgewingstydskrif die kwessie van ietermagô-smokkelary aangespreek. ‘n Gesmokkelde ietermagô ervaar erge trauma en staar talle uitdagings in die gesig wanneer dit weer in die natuur vrygelaat word. Ietermago’s is hoogs territoriaal, maar smokkelaars wil nie altyd onthul waar hulle die ietermagôs gevang het nie. Prediger sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter suksesse en terugslae hulle met die vrylating van gesmokkelde ietermagôs het.