Landboukenner: Botswana se bek-en-klouseer erger

‘n Namibiese landboukundige het gereageer op Botswana wat beplan om sowat 10 000 beeste te slag om ‘n uitbreking van bek-en-klouseer te stuit. Die eerste groot uitbreking in twee jaar het die land gedwing om alle beesvleis-uitvoere op 24 Augustus op te skort. Botswana voer jaarliks sowat 9 000 ton beesvleis na die Europese Unie uit. Volgens Molebatsi Molebatsi, assistent-minister van landbou, sal 9 757 beeste na verwagting in noordoostelike dorpe wat aan Zimbabwe grens, geslag word. Landboukenner Wallie Roux sê dit sal nie ‘n direkte impak op Namibië hê nie.