SA-diplomate het onwettig drank verkoop

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Dirco, waarsku dat nóg diplomate ondersoek word vir beweerde betrokkenheid by onwettige drankhandel. Verskeie buitelandse regeringsamptenare van Lesotho en al Malawi se diplomate is verlede week 72-uur gegee om die land te verlaat. Dirco sê ‘n ondersoek het onthul hulle het glo alkohol in grootmaat van doeanevrye winkels gekoop en dit vir eie gewin aan sjebeens in Suid-Afrika verkoop. Die regering van Lesotho het sy skok en teleurstelling oor die uitsetting uitgespreek en gesê hy wag op besonderhede.