ANC-regering besit amper 10 miljoen hektaar

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat daar 9,8 miljoen hektaar grond onder sy voogdyskap geregistreer is. Dit volg nadat die ANC en die EFF van plan is om ‘n klousule oor staatsbewaring in die Wysigingswetsontwerp op Artikel 25 in te sluit om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat. Annette Steyn van die DA sê die party sal môre die hoofkantoor van die departement besoek om eerstehandse inligting oor die databasis van sy grondbesit te bekom: