SA Covid-gevalle neem toe

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland sê hy is bewus van die skerp styging in Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Suid-Afrika het tot dusver 1 569 935 gevalle aangemeld. Adrian Puren van die instituut sê hulle werk saam met die onderskeie provinsies om te bepaal of die styging toegeskryf kan word aan tros-uitbrake. Hy beveel aan dat meer toetse uitgevoer en kontak-opsporing gedoen word om die verdere verspreiding van die virus te verhoed: