Katoen aanplantings in SA neem skerp af

Suid-Afrika se katoenbedryf sê ondanks die geweldige toename van 800 persent in produksie die afgelope vyf jaar, was daar ‘n daling van 40 persent in die aantal hektaar aangeplante katoen die afgelope twee seisoene. Die Uitvoerende Hoof van Katoen Suid-Afrika, Hennie Bruwer, sê swak weerstoestande en die feit dat talle boere na voedselverbouing oorgeskakel het, is verantwoordelik vir die afname in aanplantings. Volgens die organisasie se markverslag vir Maart 2021 is net meer as 27 670 hektaar katoen in die vorige seisoen aangeplant, terwyl die huidige seisoen se aanplantings bykans 16 790 hektaar beloop.