Dinamika in parlement onder die soeklig

Daar is daagliks ‘n oor en weer geskree in die Nasionale Vergadering met lede wat mekaar in die rede val en ook dreig met vuisgevegte. Sessies ontaard en beide die Speaker en sy adjunk sukkel om beheer oor die Huis te kry. Opposisielede meen Swapo boelie hulle en dat die Speaker saam met die regerende party werk maar, lede van, van die opposisie partye is ook talle male ongedissiplineerd. Kosmos 94.1 Nuus het oor die dinamika met Frederico Links, van die Instituut vir Openbare Beleid gepraat.