SA burgerregte- en sakegroepe maak stemme dik oor begrotingsrede

Baie van Suid Afrika se burgerregte- en sake-groepe het hul stemme dik gemaak vir verandering aan verskeie van die land se finansiële regulasies voor die jaarlikse begrotingsrede. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, lewer die week sy begrotingsrede in Kaapstad. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, vertel meer …