Klasse vir graad 12-leerders van NSSCAS begin volgende week

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die graad 12-leerders van die Namibië Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak van 2022 volgende Maandag met klasse begin. Die uitvoerende direkteur in die onderwysminsiterie, Sanet Steenkamp, sê die leerders se plasings by skole vind vandeesweek plaas. Leerders wat nog nie bevestiging van hul plasing gekry het nie, moet hul streekskantoor kontak. Koshuisleerders moet reeds Sondag by koshuise aanmeld.