SA Brouery begin met konsultasieproses vir verpligte Covid-inentings

Suid-Afrikaanse Brouery sê ‘n konsultasieproses word begin om te bepaal of Covid-inentings vir personeel oral in die maatskappy verpligtend moet wees. ‘n Finale besluit sal mettertyd geneem word. Die maatskappy sê in ‘n verklaring hulle hert ongeveer 9 400 mense in diens en glo inenting is die sleutel tot beskerming van die een-miljoen mense en inkomste wat deur die drankbedryf ondersteun word. Maatskappy soos die MTN-groep, versekeraars Discovery en Old Mutual, en Dis-Chem Pharmacies, het reeds laat blyk hulle sal van werknemers verwag om teen Covid-19 ingeënt te wees.