Parlement bly in Kaapstad

Die ANC in die Wes-Kaapse wetgewer het die verklaring van die party se hoofsweep. Pemmy Majodina verwelkom  dat die verskuiwing van die parlement na Tshwane nie ‘n prioriteit is nie. Die leier van die opposisie, Cameron Dugmore sê hy hoop dat die verklaring ‘n stokkie sal steek voor oningeligte oproepe dat die parlement in Tshwane hervestig word. Hy sê die plek van die parlement word duidelik in die Grondwet as Kaapstad aangegee wat beteken dat enige verskuiwing, ‘n wysiging aan wetgewing sal beteken.