SA brandstofprys kan in November styg

Na verskeie aansienlike dalings die afgelope paar maande, is die verwagting dat brandstofpryse in Suid-Afrika aanstaande maand sal styg. Data van die Sentrale Energiefonds toon die petrolprys kan met 48-sent per liter vir 93-oktaan styg. Diesel toon ‘n selfs groter onderverhaling op die oomblik, wat op ‘n potensiële toename van een-rand-57-sent per liter dui. Lampolie kan ongeveer 57-sent per liter duurder word. Wêreldwye oliepryse het sedert die begin van die maand van ‘n laagtepunt van ongeveer 83-dollar per vat af begin styg.