IUM-student verskyn Maandag in die hof ná fetus in asdrom gevind is

‘n Student van die Internasionale Universiteit van Bestuur, IUM, sal Maandag in die hof verskyning nadat ‘n sekuriteitswag ‘n babafetus in ‘n asdrom by die kampus gevind het. Die 18-jarige student is in hegtenis geneem nadat haar pa haar aan die Namibiese polisie oorhandig het. Die saak spruit uit die meisie wat glo die afgelope Maandag in ‘n toilet die fetus van tussen ses en sewe  maande oud in ‘n plastieksak toegedraai en in ‘n pienk handsak geplaas het. Kringtelevisiekameras wys hoe sy die pienk handsak in ‘n asdrom by die hek van die kampus gegooi het.