Britse pond herstel ná aanstelling van vierde nuwe finansminister

Die Britse pond het van sy verliese herwin nadat die premier, Liz Truss, Jeremy Hunt as die land se nuwe minister van finansies aangekondig het. Die geldeenheid het gedaal nadat Truss Kwasi Kwarteng ná net 38 dae in die posisie afgedank het. Hunt is ‘n voormalige minister van buitelandse sake, gesondheid en kultuur, en was verkiesbaar vir die Konserwatiewe Party se leierposisie voor Truss gewen en as regeringshoof oorgeneem het. Truss sê hy deel haar begeerte vir ‘n hoë-groei- en lae belasting-ekonomie. Hy is Brittanje se vierde minister van finansies vanjaar.