Eskom kan nie verhogings bekostig nie

Eskom sê as die loonverhogingseise van vakbonde aanvaar word, sal dit ‘n bykomende 30 persent tot die meer as 33 miljard Namibiese doller in werknemervoordele en salarisse voeg, wat die kragreus vir die boekjaar tot einde Maart 2020 betaal het. Die Nasionale Mynwerkersvakbond, die Metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika en Solidariteit eis ‘n een jaar, 15 persent verhoging. Die Woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê dit is uiteraard onbekostigbaar.