SA boere steier onder beurtkrag

Suid-Afrikaanse boere is besorg oor hulle toekoms terwyl kragonderbrekings voortduur. Die bedryf staar as gevolg van beurtkrag operasionele uitdagings in die gesig. Boere sê dit verhinder hulle om hulle produkte by die mark te kry. Die uitvoerende hoof van Agri SA, Christo van der Rheede, sê stygende rentekoerse en ander uitgawes dra tot die boere se sorge by. Hy sê beurtkrag hou die bedryf onder kwaai druk en die landbou het in ʼn baie ongemaklike bedryf ontaard.