SA bioloë werk aan inheemse boodskapper-RNS-inspuiting

Afrigen Biologics and Vaccines wat in Kaapstad gebaseer is, is aan die voorpunt van ‘n proefprojek om Moderna se vernuwende middel te verbeter om in arm Afrikalande te gebruik. Die Suid-Afrikaanse biotegnologie-konsortium wat ondersteun word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Covax-inisiatief, werk aan ‘n boodskapper-RNS-inspuiting wat op die Moderna-formule gegrond is. Dit kan bydra om Afrika se lewensbedreigende tekort aan Covid-entstowwe te beëindig. Die doel van dié baanbrekersprojek is om ‘n boodskapper-RNS-entstof te vind om in Afrika te gebruik, wat tans die vasteland is waar die minste inentings gedoen word.