Namibiese filmbedryf besig om te herstel

Die filmbedryf in Namibië is soos ander sektore hard deur die Covid-pandemie getref, maar dit is besig om weer te herstel. Internasionale filmproduksies is weer besig om na Namibië te kom. Verlede week is ‘n groot internasioanle filmproduksie in Windhoek geskiet met die bekende Namibiese aktrise, Girly Jazama, in ‘n rol. Tans vind ‘n internasionale TV-produksie by Swakopmund plaas met ‘n plaaslike rolprentmaatskappy, Namib Films, wat dit fasiliteer. Namib Films se produksiebestuurder, Nadia van den Heever, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die filmbedryf weer belowend lyk.