SA-bewegingsverbod sal aansienlike impak plaaslik hê, veral derde kwartaal

‘n Plaaslike ekonoom voorspel donker vooruitsigte vir die Namibiese vee-sektor weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika, wat gelei het tot ‘n verbod op die beweging van beeste in Suid-Afrika. Dit is ondanks Julie se data wat ‘n redelike goeie begin vir die derde kwartaal van 2022 toon. Die Vleisraad van Namibië verwag dat die 21 dae bewegingsverbod sal lei tot laer bemarkings-aktiwiteite gedurende Augustus. Dit sal hoogs waarskynlik ook ‘n impak op September hê, wat sal lei tot swakker prestasie in die derde kwartaal van 2022. Theo Klein ‘n ekonoom van Simonis Storm in Windhoek gesels met Kosmos 94.1 Nuus.