Enoch moet waai, sê Julius

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die feit dat die finansminister, Enoch Godongwana, in sy pos aanbly ná bewerings van seksuele aanranding, is tekenend van die huidige regering. Die minister word ondersoek nadat hy na bewering vroeër die maand ‘n personeellid by ‘n hotel in Skukuza, in Mpumalanga aangerand het. Hy en sy vrou het tydens die beweerde voorval in die Krugerwildtuin vakansie gehou. Hy ontken egter die bewerings. Malema sê Godongwana moet onmiddellik bedank: