Nuwe bestuurskomitee vir Stad Windhoek

Vyf nuwe lede van die Stad Windhoek se bestuurskomitee is Dinsdag ingelyf. Raadslid Ilse Keister van die Affirmative Repositioning-beweging was die eerste een wat genomineer is, gevolg deur Swapo Party-raadslede Austin Kwenani en Sam Shafishuna Nujoma. Clemencia Hanases van die Patriotic Democratic Movement en Ivan Skrywer van Landless People’s Movement is ook deel van die  vyf lede van die stad se bestuurskomitee. Keister, wat die inisieerder was van die mosie van wantroue teen die vorige bestuurskomitee, is aangewys as die voorsitter van die bestuurskomitee. Landdros Jozanne Klazen het die verkiesing waargeneem.