SA betogings ontwrig pendelaars

Die Nasionale Taxiraad, Santaco, in Gauteng het pendelaars gewaarsku oor moontlike ontwrigting met vervoer te midde van die betogings in dele van die provinsie. Betogers het die naweek die strate ingevaar ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma, wat in die tronk is vir minagting van die hof. Santaco se strategiese bestuurder, Bafana Magagula, sê taxidienste ondervind bedryfsuitdagings. Hy sê dienste in die provinsie kan onbestendig wees tot die orde herstel is.