Rampahosa praat om agt-uur oor voortslepende geweld

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal vanaand om agt-uur die land toespreek oor die voortslepende openbare geweld. Gewelddadige versetoptrede het Vrydag in KwaZulu-Natal uitgebreek nadat oudpresident Jacob Zuma Woensdagaand in hegtenis geneem is om sy  tronkstraf van 15 maande weens minagting van die hof te begin uitdien. Dit het intussen versprei na Gauteng en die Oos-Kaap en owerhede in Mpumalanga is ook op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *