SA besorg oor multilaterale instellings in Rusland, Oekraïne

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het haar kommer uitgespreek oor multilaterale instellings in Rusland en Oekraïne, terwyl die konflik tussen die twee lande voortduur. Pandor het in Bali, Indonesië, gepraat by die Vergadering van Ministers van Buitelandse Sake van die G20. Pandor sê hulle moet albei lande se bekommernisse begryp en verseker dat hulle terugkeer na die Handves van die Verenigde Nasies.