SA berei voor vir 2025 se G20-beraad

Die Suid-Afrikaanse minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die kabinet se oorweging bevestig van die voorbereidings vir die G20-spitsberaad wat Suid-Afrika volgende jaar sal aanbied. Dit is ‘n geskiedkundige oomblik want die land is die eerste Afrika-land wat die gasheer is vir die glansryke byeenkoms. Ntshavheni het vertroue uitgespreek in Suid-Afrika se vermoë om ‘n suksesvolle spitsberaad aan te bied. Ntshavheni sê die kabinet het ook die aanbieding goedgekeur van die negende jaarlikse vergadering van die Nuwe Ontwikkelingsbank in Junie vanjaar, wat die regering se toewyding versterk aan volhoubare ontwikkeling op die vasteland.