Nuwe grensafbakeningskommissie aangestel

Die Namibiese grondwet magtig die president om elke 10 jaar ‘n Grensafbakening-kommissie aan te stel, met die goedkeuring van die parlement. Die doel van die kommissie, onder leiding van ‘n regter van die hooggeregshof of appèlhof, en twee ander persone, is om die grense van Namibië af te baken. Dit beveel ook die bepaling van die grense en name van streke, kiesafdelings en plaaslike owerhede aan. Die president het vier kandidate genomineer en die name is in die Nasionale Vergadering deur premier Saara Kuugongelwa-Amadhila voorgelees. Die parlement moet hulle nog goedkeur.