Israelse soldate skiet 112 Palestyne by koskonvooi dood

Die Hamas-beheerde Gesondheidsministerie sê minstens 112 Palestyne is dood en meer as 200 beseer naby ʼn vragmotorkonvooi met voedsel in die noorde van Gaza. Volgens berigte het mense die vragmotors vol kos wat pas in die weste van Gaza-stad aangekom het, omsingel in die hoop om kos te kry toe Israelse magte na bewering op hulle geskiet het. Volgens Hamas is meer as 30 000 mense in Gaza dood sedert die oorlog in Oktober ná sy aanval op Israel begin het. Die Amerikaanse president Joe Biden sê die voorval sal die huidige onderhandelinge oor ʼn skietstilstand bemoeilik.