SA belastingbetalers dra onregstreeks by tot politieke partye

Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, is van mening dat belastingbetalers op onregstreekse wyse bydra tot die befondsing van politieke partye. Dit is onthul in ‘n opmerking oor die parlement se konsepbegroting. ‘n Bedrag van sowat N$375 miljoen word genoem as sogenaamde kiesafdeling-ondersteuning. Outa se woordvoerder, Julius Kleynhans, doen ‘n beroep op burgers om hulle mening te lug en aan te dring op veranderings aan die toekenning van die parlementêre begroting.