MultiChoice soek filmmakers

Die MultiChoice Talent Factory Academy doen ‘n beroep op filmmakers om aansoek te doen vir film- en TV-opleidingsprogramme. Aansoeke sluit op 30 Junie 2021 en moet op MultiChoice Namibia se webtuiste voltooi word. MultiChoice Namibia se bestuurder vir korporatiewe sake, Levana Cloete, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê alle ontluikende filmmakers met ervaring in die bedryf of relevante na-skoolse ervaring in rolprentwese kan vir die opwindende geleentheid aansoek doen om hul vaardighede in TV- en filmproduksie te slyp.