Besteding aan staatsdienssalarisse enorm

Terwyl die Namibiese regering sukkel om sy opgeblaasde salarisrekening te verminder, is 85,2 miljard Namibiese dollar vir salarisse aan staatsdienswerkers tussen 2017 en 2019 bestee. Hierdie syfers kom van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke se ouditverslag van die regering se uitgawes en inkomste vir die 2018-2019 finansiële jaar. Die verslag wat onlangs vrygestel is, herbevestig die regering se situasie waar sowat die helfte van sy jaarlikse begroting na salarisse gaan. Ekonoom Klaus Schade gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.