Ekonoom reageer op Saara se kommentaar waar sy oorlog berispe

‘n Namibiese ekonomiese kenner het sy reaksie gegee op eerste minister dr. Saara Kuugongelwa- Amadhila wat by die Münchense Sekuriteitskonferensie in Duitsland haar stem dik gemaak het oor die Russiese-Oekraïnse oorlog. Sy sê die geld wat op wapens bestee word in die oorlog waar die Russe en Oekraïne mekaar doodmaak, kan eerder vir ontwikkeling aangewend word, veral in ag genome die wêreldwye ekonomiese resessie met stygende pryse en die onderbreking van voedsel-waardekettings. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam, sê die Weste se ekonomieë word deur konflik aangevuur.