Grondhervestiging onvolhoubaar in Namibië

Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Landbou, Water en Grondhervorming, Percy Misika, sê die Regering se hervestigingsformule is nie finansieel volhoubaar nie en dit bereik ook nie die gewenste doelwitte nie. Amptelike rekords van die Regering dui daarop dat 88 miljoen Namibiese dollar bestee is om 10 plase aan te koop met slegs 20 mense wat in die 2020-2021 finansiële jaar hervestig is. ‘n Onafhanklike Landboukenner, Wallie Roux, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus