Rwanda-volksmoord: Franse troepe onskuldig

Ondersoeke deur die Franse owerhede kon geen bewyse vind dat die land se troepe aandadig was aan die 1994-volksmoord in Rwanda nie. Daar is dus geen gronde vir regstappe om die Franse regering verantwoordelik te hou vir die moorde deur die Hutu-beheerde regering nie. Dit volg na die publikasie van ‘n verslag deur die Rwandese regering verlede maand, wat sê Frankryk het van die beplande volksmoord geweet en kon dit verhoed het. Byna 800 000 Tutsi’s en Hutu’s is in 1994 oor ‘n tydperk van drie maande vermoor.