SA leerders se enstofprogram hang in die lug

AfriForum in die buurland het die Departement van Basiese Onderwys om duidelikheid gevra oor die registrasie van ouers en voogde van leerders vir die Covid-19-entstofprogram. Die datum waarop die program in werking tree, moet nog aangekondig word. Natasha Venter van AfriForum sê hoewel die organisasie niks teen die toediening van entstowwe het nie, bly dit mense se persoonlike keuse om ingeënt te word. Venter sê President Cyril Ramaphosa het die land herhaaldelik verseker dat niemand gedwing sal word om ‘n inenting te kry nie.