Jogurt-baas sê sy produk beveg Covid… hy het bedank

Die baas van ‘n groot Suid-Koreaans suiwelmaatskappy het bedank ná die polisie ‘n ondersoek van stapel gestuur het oor die maatskappy se bewering dat sy joghurtdrankie doeltreffend is om Covid te beveg. Namyang Dairy Products se Voorsitter, Hong Won-sik, se bedanking kom drie weke ná die maatskappy sy bewering teruggetrek het. Verbruikers het woedend gereageer, maar sy bedanking het nie gemoedere gekalmeer nie.