Frans Steyn terug as Bok-losskakel

Rugby: Die veteraan veelsydige agterspeler, Frans Steyn, begin môre op losskakel vir die Springbokke in die laaste Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Durban. Die kragmeting sal heel waarskynlik die wenner van die toernooi bepaal, met Australië en Nieu-Seeland wat mekaar môreoggend pak. Steyn sal vir die eerste keer in 14 jaar ‘n toetswedstryd op nommer tien begin. Handré Pollard, Elton Jantjies en Damian Willemse is almal uit aksie. Steyn sê hy weet hy is in die skemer van sy loopbaan.