Ruud en Alcaraz in die eindstryd in Amerikaanse Ope

Tennis: Die Spaanse sensasie Carlos Alcaraz het die plaaslike gunsteling Frances Tiafoe in ‘n epiese half-eindstryd van die  Amerikaaanse Ope verslaan. Alcaraz kom nou te staan teen die wereld se nommer-een-speler, Casper Ruud, in die eindstryd. Die 19-jarige het met 6-7, 6-3, 6-1, 6-7, 6-3 geseëvier om die jongste Grand Slam-finalis te word sedert sy landgenoot Rafael Nadal sy eerste van 22 Grand Slams by die Franse Ope in 2005 behaal het. Ruud van Noorweë, wat sewende op die ranglys is, het Karen Khachanov van Rusland vroeër geklop om ook sy eerste Grand Slam-eindstryd te haal.