Koning Charles III as erfgenaam nou nóg ryker

Koning Charles III erf nie net die Britse troon ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth nie, maar ook haar privaat-fortuin – en hy hoef nie erfbelasting te betaal nie. Volgens die Sunday Times se 2022- Lys van die rykes, is die koningin meer as 73 miljard Namibiese dollar ryk. Die werklike koninklike rykdom – die kroon-landgoedere en die koninklike versameling  van kuns en juweliersware, asook die amptelike wonings en die koninklike argiewe – word deur die monargie as ‘n instelling gehou. Dit word as sulks net in ‘n trust aan Charles oorgegee.