Groot vuurwapen-vonds op Tsumeb

Op Tsumeb is sowat ‘n duisend ou, geroeste vuurwapens ontdek toe Telecom Namibia kabels in ‘n sloot opgegrawe het by die sportveld van Tsumeb Gimnasium, net agter die gholfbaan. Volgens ‘n inwoner van Tsumeb is daar ou, geroeste vuurwapens opgegrawe, onder meer dubbelloop haelgewere, rewolwers en ‘n swaard. Die wapens dateer vermoedelik uit die Eerste Wêreldoorlog en die vuurwapen-vonds sal deur die Namibiese polisie hanteer word.