Ruto: Kenia het groter kwessies as gay-regte

Kenia worstel met armoede en werkloosheid, maar gay-regte is nie ‘n kwessie nie, volgens die verkose President William Ruto. Ruto sê sy administrasie sal fokus op dringende kwessies in Kenia, soos werkloosheid en hongerte. Hy sê Kenia wil nie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie en wanneer gay-regte ‘n groot kwessie vir die burgers van Kenia word, sal die mense van Kenia ‘n keuse maak.

Linda Baumann, ‘n plaaslike geslags-aktivis sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy vind die Keniaanse President se verklaring ‘n bietjie eensydig…