Francois Theart nie meer ‘n slangvanger

Namibië se bekende slangkenner en -vanger, Francois Theart, het aangekondig dat sy loopbaan as slangvanger verby is. Theart sê hy sal nie meer beskikbaar sal wees vir uitroepe om slange te verwyder nie. Hy sê die besluit was nie ‘n maklike een vir hom ná 17 jaar as slangvanger nie. Theart sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hy steeds sal voortgaan met sy slangnavorsing, gemeenskaps-uitreike en opleiding in slang-hantering.