Ruth Chepngetick van Kenia stel nuwe wêreldrekord op

Atletiek: Ruth Chepngetich van Kenia het ‘n nuwe wêreldrekord vir vroue in die halfmarathon in Istanbul opgestel. Die marathon-wêreldkampioen het die afstand in een-uur, vier-minute en twee-sekondes voltooi. Chepngetich se tyd is amper ‘n halfminuut vinniger as die tyd wat Ababel Yeshaneh van Ethiopië in Februarie verlede jaar in die Verenigde Arabiese Emirate aangeteken het.Die wedloop was die eerste keer dat drie vroue ‘n halfmarathon in minder as 65 minute voltooi het.