Meer besonderhede oor gister se aardbewing

Die Namibiese Ministerie van Myne en Energie se afdeling vir Geologiese opnames het meer besonderhede oor gisteroggend se aardbewing noordoos van Khorixas bekendgemaak. Volgens die verklaring het die skudding gisteroggend teen 3.41 plaasgevind.Dit is deur sewe seismiese stasies geregistreer en het 5,6 op die Richterskaal gemeet.Dié gebied het die afgelope jare gereeld onder aardbewings deurgeloop..