Brandstof word Woensdag duurder

Namibiese mororiste betaal van eerskomende Woensdag af meer vir brandstof.Die prys van petrol en diesel styg dan met gemiddeld 50 sent ‘n liter. Dus, sal diesel aan die kus 13 doller 18 sent ‘n liter kos terwyl petrol teen 13 doller 15 sent sal verkoop. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhaling van 107 miljoen Namibiese doller wat in Februarie vanjaar aangeteken is dra en so ook die 90 miljoen doller wat in Maart vanjaar aangeteken is. Daar is steeds tans ‘n onderverhaling van 117 sent per liter petrol en 85 sent per liter diesel wat die verhoging genoodsaak het.