Russiese lugaanval op treinstasie: 30 dood, 100 gewond

Sowat 30 mense is dood en meer as 100 gewond in ‘n Russiese lugaanval op ‘n treinstasie in Oekraïne. Dit het plaasgevind terwyl duisende mense in Kramatorsk in die ooste gewag het om die oorlog-geteisterde gebied te verlaat. ‘n Britse kenner beskryf intussen Moskou se erkenning van beduidende verliese as ‘n groot deurbraak in Rusland se weergawe van die situasie. Keir Giles het reageer op die onderhoud wat die Kremlin se woordvoerder, Dmitry Peskov, met internasionale media gevoer het. Hy sê dit was die eerste keer dat Rusland met sy eie bevolking en die buitewêreld gepraat het.