Politieke kenner sê waarom Namibië wéér buite stemming gebly het oor Rusland

Namibië het vir die derde keer buite stemming gebly in ‘n besluit oor Rusland. Hy was een van 58 lande wat nie standpunt ingeneem het toe die Verenigde Nasies se Algemene vergadering besluit het om Rusland uit sy Menseregte-raad te skors nie. Dit volg na Rusland hom na bewering skuldig gemaak het aan growwe en stelselmatige oortredings en skending van menseregte sedert hy Oekraïne op 24 Februarie vanjaar ingeval het. Altesaam 93 lande het ten gunste van die besluit gestem, terwyl 24 lande – waaronder China, Sirië, Kuba, Noord-Korea en Iran – nee gestem het. Politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor Namibië se standpunt om buite stemming te bly.