Namibiese Mededingingskommissie gaan patologie-laboratoriums ondersoek

Die Namibiese Mededingskommissie gaan ‘n ondersoek van stapel stuur na verskeie private patologie-laboratoriums en ander voorsieners van Covid-toetsdienste. Die kommissie het klagtes van die publiek ontvang wat daarop dui dat die pryse wat gehef word vir Covid-toetse by private fasiliteite in Namibië sedert die uitbreek van die Covid-pandemie, buitensporig is. Die kommissie is van mening dat onbillike en onredelik hoë pryse vir PCR- en kitstoetse vir Covid-19 ‘n nadelige uitwerking op die Namibiese publiek kan hê.